Daniel Joachim Schoeman (Schumann)
1728–1763 · Mecklenburg-Voorpommere, Duitsland
| Born | 1728, Mecklenburg-Voorpommere, Duitsland |
|---|---|
| Died | 29 NOV 1763, Kaapstad, Kaap de Goede Hoop, Suid-Afrika |
| Occupation | Soldier, Farmer |
| Record | @I503360@ |
Family
The mark describes the person, not the link. Of the 6 relatives drawn here, 0 have a document of their own in this archive — but that is not the same as a document tying them to this person. This archive holds no separate proof for most parent–child links; where it does, the note above this chart says so in words.
Where this comes from
Tree only
everything here comes from the family tree, and is unverified.
Where this sits in the family
Not on the direct line. They are published because they belong to one of the eight surnames this archive follows.
The register spells this surname more than one way, and the search folds the forms together — so Xubrinich and Žubrinić, Joannis and Ivan, find each other.
Where this surname sits on the map →
What the tree says that cannot be true →
Events, as the record has them
- death29 NOV 1763Kaapstad, Kaap de Goede Hoop, Suid-Afrika
- event1750Mecklenburg-Voorpommere, Duitslandaan boord Admiraal de Ruyter as soldaat
- birth1728Mecklenburg-Voorpommere, Duitsland
- naturalisation1759Kaapstad, Kaap de Goede Hoop, Suid-Afrikaburger 1759
- residence19 AUG 1759
Notes carried in the tree
Reproduced as written, minus the automated copy-reference boilerplate. These are what the family and other researchers put down, not what this archive has verified.
Kompakskyf (KS) van SA Geslagregisters volume 11 (vanne met letter Scho – Sny). G.I.S.A.,Stellenbosch, 2009 bl 42 a2 Daniël Jo(a)chim Schoeman (Schumann) * Duitsland c. 1728 a. 1750, aan boord Admiraal de Ruyter as soldaat v. Mecklenburg, Duitsland, burger 1759, woon op Stellenbosch † Kaapstad 29.11.1763 x Stellenbosch 19.8.1759 Martha Margaretha ESTERHUYSEN » Stellenbosch 25.12.1742 d.v. Willem Esterhuysen en Johanna Carelsen van der Burg
Arriveer uit Mecklenburg, Duitsland, in die Kaap gedurende 1750 as soldaat in diens van Die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Hy neem sy ontslag in 1759 en word vermoedelik ‘n boer en ‘n burger van Stellenbosch. Ongelukkig is daar tot dusvêr nog geen familie geskiedenis van sy lewe en voorouers in Duitsland opgespoor nie. Op 19/8/1759 is hy getroud met Martha Margaretha Esterhuysen. Volgens oorlewering was sy fisies ‘n besondere sterk vrou en kon die soldertrap uitstap met ‘n mudsak koring op haar rug. DJ is oorlede op 35 jarige ouderdom op 29/11/1763, bietjie meer as vier jaar na sy troue. Drie kinders is uit hierdie huwelik gebore, waarvan Christoffel Andreas, die oudste seun, ons geslag voortsit. Die jongste kind, ‘n seun, is na sy dood gebore. GESLAGSREGISTER VAN DIE SCHOEMAN FAMILIE >INLEIDING: Hiermee ‘n kort uitreksel uit die aantekeninge en notas van ‘n oom van ons familie, Christoffel Andreas (Toy) Schoeman van Somerset Oos wat vir meer as twintig jaar, tot en met sy dood, gegewens aangaande die nasate van ons stamvader, Daniel Joachim Schumann, of Daniël Jochem Schoeman, versamel het. Hierin volg ek net die reguit lyn van die stamboom, vanaf ons stamvader, tot en met ons oupa , Willem Schoeman 1863 – 1948, e6 (e = 5de geslag in Suid Afrika en 6 = die 6de kind van sy ouers), vir insae aan al die Neefs en Niggies, hul kinders en kleinkinders, wat die Schoeman Saamtrek in Clarens, op 24 en 25 Februarie 2007 DV bywoon, asook dié in absentia. Ek waarborg nie dat al die feite korrek is nie, aangesien sekere bevindinge van Oom Toy deur ander navorsers bevraagteken word. Sekere stories is afkomstig van familie oorlewering, waarvan die ouer geslag meesters was, soos my vader C.A.(Stoffel) Schoeman. Net so glo ek dat al die neefs en niggies ook stories sal kan bydra wat kleur kan verleen aan ‘n geskrif soos hierdie. Stuur dit aan my tesame met enige regstellings, datums, name, ens., sodat ons ‘n volledige stamregister vir ons nageslag kan nalaat. Oom Toy het vasgestel dat al die huidige Schoemans in Suid Afrika, afstammelinge is van twee stamvaders wat die land binne gekom het, nl, HEINRICH SCHUMACHER. Van Bosau in Holstein wat in 1724 die Kaap bereik het en wie se nasate hulle aanvanklik in Oudtshoorn se wêreld gevestig et, >DANIEL JOACHIM SCHUMANN (ons Stamvader) wat van Mecklenburg in 1750 hier aangekom het en wie se nasate hulle aanvanklik in die Pearston/Somerset Oos area gevestig het. Die familiename van albei hierdie twee stamvaders, het heel gou vernederlands tot SCHOEMAN, soos dit vandag nog gespel word. Gevolglik is dit vandag moeilik om dadelik die nakomelinge van hierdie twee onverwante stamvaders van mekaar te onderskei.< >Volgens die “Schoeman-geslagregister opgestel deur H.J. van S. Schoeman”, is daar egter ‘n ander weergawe van Daniël Joachem se van, ek haal aan:- “Wat sy werklike naam was, kan ons nie met sekerheid sê nie. Hyself het sy naam in 1759, toe hy om vryburgerskap aansoek gedoen het, geteken as Daniël Jochem Schoeman. Op verskillende ander dokumente staan hy o.a. bekend as Daniël Joachim Schoeman, as Daniël Jochem Schoeman in die opgaafrolle van 1750 af, asook met sy huwelik in 1759, as Jochem Daniël Schoeman in ‘n plakkaat van 1759, as Daniël Joggem Schoeman met die doop van sy oudste seun in 1760, as Jochem Schoeman en as Daniël Schoeman op verskeie ander plekke.” >Volgens nog ‘n bron, “The Historical Research Centre”, word hy beskryf asof hy die land binne gekom het as Schumann uit Duitsland. Aangesien die “oe” nie in Duits bestaan nie, kan ons geredelik aanvaar dat sy ouers in Duitsland Schumann was en dat hy die naam heel gou aan die Kaap verander het na Schoeman, weens die sterk Hollandse invloed van daardie tyd. Nog ‘n voorbeeld van so’n naamsverandering is die van Moolman, soos ons dit vandag ken. Omdat die ”oo” ook nie in Duits voorkom nie, was die spelling Möhlmann in Duits en is ook deur Nederlandse invloed hier verander. Verder het Oom Toy ook vir die nasate ‘n nalatingskap geskep deur ‘n servituut te laat registreer waar ‘n begraafplaas vir die Schoeman nasate vandag geleë is, op die plaas “Stockpoort”, in die Pearston distrik. Daar is 32 grafte waarvan slegs ‘n dosyn skynbaar van grafstene met name daarop voorsien was. Aangesien sommige van die ouer stene al baie verweer is en in die toekoms nog verder sal verweer, het Oom Toy, tesame met ander nasate in 1966 drie pragtige graniet-gedenkstene tussen die grafte laat oprig. Wat vir ons, Oupa Willem se nasate, van belang is, is die feit dat die eerste Christoffel Andreas Schoeman en eggenote, Susanna Carolina Tregard, hier begrawe is. Vir dié wat graag hierdie pelgrimstog wil onderneem, is dit baie maklik bereikbaar. Volg die N10 vanaf Cradock na Port Elizabeth, draai af by Cookhouse en volg die teerpad deur Somerset Oos en dan verder aan op die teerpad na Peaston/Graaff Reinet oor die Bruintjieshoogtepas. ‘n Paar kilometer anderkant hierdie pas draai die plaaspad regs af na” Stockpoort”, wat duidelik aangedui word by die ingangshek.
Sources attached in the tree
- Nel Family Website — Daniel Joachim Schoeman (Schumann), a2
- Defranceski Family Site (23andMe) — https://www.myheritage.com/person-1500261_OYYV7VSGC2OUIBYQXZET7NQ3MCHX7CI_OYYV7VSGC2OUIBYQXZET7NQ3MCHX7CI/daniel-jochim-schoeman
An online family tree is a witness, not a source. Where a citation points at a parish register or a FamilySearch image, that is the thing worth going to. Sources →
Others of the same name
These parishes repeat their names relentlessly — 94 Marijas and 88 Ivans in this archive alone. These are different people, kept apart on purpose rather than merged into one. Merging on a name is exactly how this tree came to hold a man born after his own granddaughter.
| Daniel Joachim Schoeman | 30 JUN 1817–1905 | Cradock |
Same name, and nothing here says they are related. Why the names repeat →